Vrou versmoor in minnaar se skoorsteen
2010-09-01 14:01
Bakersfield, Kalifornië – ‘n Dokter van Bakersfield wat haar minnaar wou verras se ontbindende liggaam is in die skoorsteen van sy huis gevind.
Dr. Jacquelyn Kotarac (49) het Wonesdag 25 Augustus aan die man se voordeur geklop, maar haar kêrel wou haar nie inlaat nie. Daar was glo probleme in hul verhouding.
Kotarac se minnaar het uit die huis geglip “om konfrontasie te vermy”, het die polisie gesê.
Die desperate Kotarac het egter op die dak van die huis geklim en deur die skoorsteenpyp probeer inkom.
Haar lyk is drie dae later deur die huisoppasser gevind.
Volgens die nadoodse ondersoek het sy versmoor.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.