Vrou vasgekeer deur varke
2011-08-05 19:03
Berlyn – ‘n Paniekbevange vrou het die polisie in die
noorde van Duitsland gebel ná haar kar deur ‘n trop varke vasgekeer is.
Die vrou het die polisie Vrydagmiddag vanaf
haar selfoon gebel.
Sy het van die pad af gery en haar kar het in ‘n
veldjie tot stilstand gekom.
Sowat 20 groot varke het haar kar omsingel en
sy kon nie haar VW Golf beweeg nie.
Sy het aan die polisie gesê dat die varke
aggressief voorkom en sy dit nie kan waag om uit die kar te klim nie.
Haar 2-jarige dogtertjie was saam met haar in
die kar.
Die polisie het haar te hulp gesnel en sonder
voorval die varke verdryf.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP