Vrou van 101 is ’n model vir werknemers
2010-08-12 08:31
Lincoln – ’n Vrou wat 101 jaar oud is en by die wetgewer van Nebraska werk, is as Amerika se beste oudste werker vir 2010 aangewys.
Sally Gordon is al 26 jaar lank ’n assistent-hofmeester en help met die daaglikse bestuur van die wetgewer wanneer dit in sitting is.
Voor dit was sy sekretaresse vir drie van die deelstaat se goewerneurs en sy was ook ’n model.
“Ek was voorheen ’n model,” het sy gesê, “maar nou voel ek soos ’n Model T.”
’n Opleidingsentrum vir ouer persone, Experience Works, het die toekenning aan haar oorhandig.
Sy het nog geen planne om af te tree nie en haar raad aan jong mense is om “nuwe tegnieke te leer, te luister en om gaaf te wees teenoor jou kollegas”.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP