Vrou val, lê sewe dae lank buite
2011-06-08 19:02
Zetswil – ‘n Vrou van Switserland het vir sewe dae lank
buite gelê nadat sy op pad kerk toe geval het en nie weer kon opstaan nie.
Die polisie het die 69-jarige vrou van
Zetswil, sowat 40 kilometer wes van Zurich, sewe dae nadat sy geval het, gevind.
Haar toestand was swak, maar sy is nie in enige gevaar nie.
Die vrou is die 1ste Junie as vermis aangemeld.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA