Vrou val deur dak tydens seks
2010-08-02 19:45
Aberdeen – ‘n Kaal vrou het deur die dak van ‘n woonstelblok geval terwyl sy seks gehad het met haar kêrel, het Digital Spy Maandag berig.
Volgens plaaslike owerhede het die paartjie Vrydag ‘n venster op die derde verdieping van die gebou gebreek en bo-op die dak, die klere laat waai.
“Hulle het ‘n helse geraas gemaak. My sommer uit die werk gehou,” het ‘n bouwerker gekla wat in die die vertrek reg onder die paartjie gewerk het.
“Geen mens weet waarom hulle gedink het dit sal ‘n goeie idee wees nie. Die hele ding het in trane geëindig. Toe ek weer sien is hier net polisie, brandweer en ambulanse,” het die ooggetuie vertel.
Die vrou het slegs ligte beserings opgedoen na die val. Sy is na ‘n plaaslike hospitaal geneem en later weer ontslaan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA