Vrou uit Disneyland verban na sy soos prinses aantrek
2010-04-21 00:08
Kaapstad - 'n Vrou is uit Disneyland in Parys verban nadat sy soos 'n prinses aangetrek het om haar 35ste verjaarsdag daar te vier.
Terwyl Natasha Narula met haar pofferige rok en Mickey Mouse-ore gewag het om by die pretpark in te gaan, is sy deur 'n sekuriteitswag gevra om normale klere aan te trek.
Sy moes gewone klere aantrek want haar uitrusting sou kinders glo verwar aangesien sy te veel soos 'n strokieskarakter gelyk het.
Narula, van Conventry in Engeland, moes saam met haar agtjarige dogter terug na hul hotelkamer toe gaan om haar klere van die vorige dag aan te trek.
Dié voorval het op 1 April plaasgevind.
Disneyland het Maandag aangekondig dat hulle nou 'n nuwe globale beleid het wat volwassenes verhoed om fantasiekostuums in hul pretparke te dra.
"Niemand bo die ouderdom van nege mag ons pretparke in fantasiekostuums bywoon nie. Dit vermy verwarring," het 'n woordvoerder gesê.
Kliek hier vir die volledige berig.