Vrou trek pous plat
2009-12-25 07:42
Vatikaanstad, Rome - 'n Vrou het haarself letterlik na Pous Benediktus XVI gegooi en daarin gelsaag om die kerkleier plat te trek toe hy Vrydag die St. Petrus-basilika binnegegaan het.
Die vrou, geklee in 'n sweetpak, het bo oor sekeurteitsbeamptes gespring en na die 82-jarige pous genael toe hy die prosessie met goue kruis in die hand gelei het.
Terwyl 'n wag gesukkel het om haar onder beheer te kry, het sy daarin geslaag om die pous se kleed om sy nek te gryp en sodoende die kerkleier grond toe te trek.
Verskeie ander mense het ook tydens die voorval neergeval. Die prominente Franse kerkfiguur, Roger Etchegaray (87), het sy been in die proses gebreek en was na die hospitaal gehaas vir behandeling.
Federico Lombardi, woordvoerder vir die Vatikaan, het gesê die vrou is nie heeltemal by haar sinne nie. Sy het glo verlede jaar ook probeer om by die pous uit te kom, tevergeefs.
Lombardi het die pous geprys vir sy "goeie selfbeheer en hantering van die situasie."
Die polisie het die vrou ondervra, wat verduidelik het dat sy bloot die pous 'n drukkie wou gee.
- AP