Vrou sny man se penis af
2011-07-12 23:24
Garden Grove, Kalifornië – ‘n Vrou in die suide van Kalifornië het haar
vervreemde man bedwelm, aan ‘n bed vasgemaak en sy penis afgesny voor sy dit in ‘n
vullisverwerker afgegooi het.
Volgens lt. Jeff Nightengale van die
Garden Grove-polisie het die aanval Maandagaand plaasgevind.
Catherine Keur Becker (48) is op verskeie
aanklagte, insluitende aanranding, vergiftiging en mishandeling, in hegtenis
geneem.
Die 51-jarige slagoffer is in die hospitaal opgeneem. Sy naam is nie bekend gemaak nie.
Catherine Keur Becker het aan polisiebeamptes
gesê dat hy dit “verdien” het.
Sy sal Woensdag in die hof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP