Vrou sluit kind in kas toe oor swak punte
2011-11-10 19:01
Los Angeles – ‘n Amerikaanse vrou word van
kindermishandeling aangekla nadat sy haar dogter vir ses ure in ‘n kas
toegesluit het, berig Huffington Post.
Die 32-jarige ma het haar kind in die kas
toegesluit omdat sy slegte punte op skool behaal het.
Iemand het uit besorgdheid vir die kind die
voorval by die polisie aangemeld en die ma is kort daarna in hegtenis geneem.
Die meisie is tans in die sorg van die
Orangewood Children & Family Center.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.