Vrou skiet haarself op die snelweg
2010-05-28 22:57
Las Cruces – ‘n Vrou het haarself op ‘n hoofweg doodgeskiet ná haar nege-jarige dogter geweier het om die sneller te trek.
Volgens luitenant Roman Jimenez, het die vrou teen ‘n spoed van ongeveer 40km per uur gery toe sy haarself in die bors geskiet het.
Haar dogter, wat langs haar in die motor gesit het, is nie beseer niet.
Volgens die nege-jarige meisie het haar ma moeilik begin asemhaal, ‘n 9mm handgeweer uitgehaal en aan haar gegee.
Ná haar dogter geweier het om haar te skiet, het sy haarself in die bors geskiet.
Die kar het op die skouer van die hoofweg tot stilstand gekom.
Hulle was blykbaar oppad Oklahoma City toe om vir die dogter se pa te kuier.
– Sapa