Vrou sit week lank op toilet vas
2009-07-28 10:38
Melbourne, Australië- ‘n Australiese vrou het vir ‘n week lank op haar toilet vasgesit voordat die bure haar noodkrete gehoor het.
Dié 67-jarige vrou van Queensland is Sondag gevind nadat sy vir sowat sewe dae op haar toiliet vasgekeer was.
“Lede van die brandweer moes die vrou red. Nooddienswerkers het haar na die hospitaal vervoer. Sy was erg gedehidreer,” het die departement van gemeenskapsveiligheid in ‘n verklaring gesê.
Die vrou se voete het glo aan beide kante van die toilet vasgesit en sy kon dit nie weer loskry nie.
Michael Hibberd, die vrou se buurman, meen hierdie voorval moet dien as ‘n herinnering om na bejaardes om te sien. “Dit is belangrik om ‘n ogie op hulle te hou,” het hy gesê.
–Sapa, AFP