Vrou se redding ná 7 dae hoogtepunt vir SA span

2010-01-23 06:58
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Port-au-Prince – Die mees bevredigende oomblik in ’n leeftyd.

Dis hoe soek-en-reddingswerkers van die Suid-Afrikaanse noodlenigingsgroep Gift of the Givers die gevoel beskryf het om ’n lewende persoon sewe dae ná die vernietigende aardbewing uit die puin te haal.

Die span, onder leiding van Ahmed Bham van die Noordwes-kollege vir mediese nooddienste in Orkney, het vandeesweek meer as 2½ uur lank gespook om Ema Zizi (60) uit te grawe.

Sy was in ’n kantoor van ’n Rooms-Katolieke katedraal in die sentrale deel van die stad onder ’n laag versterkte beton vasgekeer.

Die Suid-Afrikaners, wat die afgelope week nou saam met ’n Mexikaanse soek-en-redding-span gewerk het, het pas by die katedraal aangekom toe die Mexikane hulle kom roep het.

Hulle was besig met die identifikasie van dooies in die kerk toe een van hulle iemand flou “hallo, hallo” hoor roep het.

Die spanne het saamgewerk om haar posisie te bepaal en het daarna met die mees basiese toerusting versigtig deur die beton begin kap om haar te bereik.

“Toe ons ’n groot genoeg gat oopgemaak het, het ons haar gevra of sy kan beweeg,” het Bham vertel. “Ons kon sien sy is beseer, maar sy was by haar positiewe.

“Haar heup en een bobeen is gebreek en sy was erg ontwater. Haar eerste woorde toe ons haar uitgebring het, was ‘je t’aime’ (ek het jou lief). Sy het aanmekaar in Kreools gebabbel.

“Dit is die soort wonderwerke wat ons werk die moeite werd maak. Ons het haar agterna deur ’n tolk gevra hoe sy aan die lewe gebly het. Sy het vertel daar was ’n priester naby haar onder die puin.”

Zizi en die priester het mekaar moed ingepraat, maar hy is op die vyfde dag dood.

“Toe het sy gesange gesing en gebid. Sy het geen kos of water naby haar gehad nie. Die omstandighede van die redding was amper surrealisties, want rondom ons het die stropers die wêreld vol gehardloop sonder om die minste om te gee dat hulle die puin kan versteur.”

Volgens Bham is die normale maksimum tyd om lewendes ná so ’n ramp op te spoor sewe dae, maar wonderwerke gebeur tog.

Die oorweldigende doodsreuk in die strate van die hoofstad vertel dat die kanse op verdere wonderwerke inderdaad skraal is. Die ramp het waarskynlik vir eers sy kwota goeie nuus opgelewer.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: aardbewing in haïti

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.