Vrou sê nee vir vergeldingsvonnis

2011-08-02 08:34
Tweets Share Share line Print

Teheran – ’n Iranse vrou wat blind en erg vermink is nadat ’n man suur in haar gesig gegooi het, kon beleef hoe ’n dokter haar aanvaller met suurdruppels in sy oog blind maak.

Sy is geregtig daarop as vergelding, het ’n hof beslis.

Sy het in die teater gestaan waar die dokter gereed was om die druppels in te gooi. Die man het op sy knieë gestaan en huil.

“Wat wil jy nou doen,” het die dokter die 34-jarige vrou gevra.

“Ek het hom vergewe, ek het hom vergewe,” het sy skielik gesê en hom sodoende die wraak gespaar in ’n dramatiese toneel wat Sondag op Iranse staats-TV uitgesaai is.

Ameneh Bahrami is blind en het afgryslike brandwonde aan haar gesig, kopvel en lyf opgedoen in die aanval in 2004 deur Majid Movahedi, wat kwaad was omdat sy nie met hom wou trou nie.

“Dis die beste om te vergewe wanneer jy in ’n magsposisie is,” het Bahrami gesê oor haar besluit om hom vergelding te spaar.

Die huilende verminker het gesê Bahrami was “baie grootmoedig”.

Sy was aanvanklik bly oor die hofbeslissing in November 2008 dat hy op dieselfde manier gestraf kan word as wat hy haar laat ly het. “Ek doen dit nie uit wraak nie, maar eerder sodat my lyding nie herhaal word nie,” het sy maande ná die aanval gesê aan ’n radiostasie in Spanje, waar sy mediese behandeling vir haar beserings gekry het.

Die hof het beslis Bahrami mag beleef hoe ’n dokter ’n paar druppels van ’n vretende chemikalie in een van Movahedi se oë gooi as vergelding gegrond op die Islamitiese kisas-regsbeginsel, naamlik ’n oog vir ’n oog.

Hoewel sy blind is in albei oë, het sy in die radio-onderhoud gesê die hof het beslis dat sy hom net in een oog mag laat verblind.

Nadat sy in Barcelona behandel is, het sy aanvanklik 40% sig in een oog teruggekry, maar later al haar sig verloor.

Movahedi sal in die tronk bly totdat die hof op ’n ander straf besluit het, het Abbas Djafari, staatsaanklaer, volgens die nuusagentskap Isna gesê.

Bahrami eis vergoeding van Movahedi vir haar mediese koste.

Iranse vroue is al talle kere met suur aangeval. ’n Jong vrou is verlede week dood nadat ’n man suur in haar gesig gegooi het, ook omdat sy nie met hom wou trou nie.

Beeld

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

Lees meer oor: hofsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.