Vrou probeer baba in vliegtuigtoilet afspoel
2010-07-08 14:08
Nieu-Delhi – ‘n Indiese vrou het geboorte gegee in die waskamer van ‘n internasionale vlug en probeer om die babatjie by die vliegtuig se toilet af te spoel.
Die babatjie is in die toiletbak gevind ná die vliegtuig in Amritsar, noord Indië, geland het.
Die hele toilet moes saam met die baba na Escort-hospitaal gejaag word aangesien die baba se kop vasgesit het in die toiletbak.
Volgens H.P. Singh, ‘n dokter by die hospitaal, moes dokters ‘n elektriese saag gebruik om die baba van die toilet te bevry.
Die 22-jarige ma van die baba is op die lughawe in hegtenis geneem kort na die bemanning van die Turkmenistan-vliegtuig die baba gevind het.
Die baba is blykbaar in ‘n kritieke toestand.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA