Vrou met stiletto in oog geskop
2010-12-11 10:28
Buffalo, New York – ‘n 29-jarige vrou is skuldig bevind nadat sy probeer het om ‘n ander vrou se oog met haar stiletto-hak uit te skop tydens ‘n bakleiery in ‘n motor ná ‘n aand uit.
Die Buffalo News het berig dat ‘n jurie Erica Moreland Donderdag skuldig bevind het aan aanranding nadat sy haar 10cm-hak gebruik het om die 51-jarige Joan Livingston in die gesig te skop.
Die twee het op 20 Februarie in ‘n bakleiery in ‘n man se motor betrokke geraak.
Die koerant het ook berig dat sjirurge ‘n been en gesigspiere aan Livingston se gesig moes herstel, sowel as dele van die skoen se hak wat in haar gesig vasgesit het verwyder.
Sy het getuig dat sy dubbel gesien het in haar linkeroog.
Volgens Moreland het sy haar skoen in selfverdediging gelig nadat Livingston haar aangeval het.
Moreland sal op 25 Februrie gevonnis word.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP