Vrou mag by die werk masturbeer, sê hof
2011-05-17 23:03
Kaapstad – ‘n Brasiliaanse regter het beslis dat ‘n
36-jarige vrou wettiglik by die werk mag masturbeer en pornografie op haar werksrekenaar mag kyk, berig die Huffington Post.
Ana Catarian Bezerra ly blykbaar aan ‘n
chemiese wanbalans wat tot angsaanvalle en hiperseksualiteit lei.
Haar werk het egter daaronder begin ly, aangesien masturbasie die enigste manier is om die angs te oorkom.
“Dit was so erg dat ek tot 47 keer ‘n dag
gemasturbeer het,” het sy gesê.
“Dis toe dat ek vir hulp gevra het. Ek het besef dit is nie normaal nie."
Die dokter het ook vir haar kalmeermiddels
voorgeskryf, wat haar masturbasie tot 18 keer ‘n dag verminder.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.