Vrou kry tweeling te midde van vloede
2010-08-10 08:22
Sanawan – ’n Plaaslike vrou wat gestrand is deur die land se ergste vloede in 80 jaar het Maandag aan tweelingseuns geboorte gegee te midde van die dood en verwoesting.
Dertien miljoen mense is reeds geraak en 1 600 dood in die vloede.
’n Weermagvlieënier het eers gereken hy pik weer ’n lewelose slagoffer op toe ’n liggaam op ’n draagbaar, bedek met ’n laken, deur diep water na sy helikopter aangedra is.
Die jong ma, Zahida Perveen, wat in die openbaar geboorte geskenk het, is met haar seuntjies hospitaal toe gebring.
“Ek was so gelukkig, ek het gehuil toe ek sien dat hulle seuntjies is,” het Perveen uit haar hospitaalbed gesê.
Ma en kinders vaar goed, het hospitaalbeamptes gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters