Vrou, kind se lyke in huis gevind
2010-02-28 01:17
Southampton – Die polisie is besig om ‘n saak van moord te ondersoek nadat die lyke van ‘n vrou en kind in ‘n huis in Southampton gevind is.
‘n Familielid het glo Saterdagoggend omstreeks 09:00 op die lyke in ‘n huis in Myrtlelaan, Totton afgekom.
Ondersoekbeamptes van die Hampshire-polisiestasie het lede van die publiek gevra om na vore te kom indien hulle enige inligting oor die voorval het.
Die presiese verloop van gebeure is nog nie bekend nie.
Lees meer hier.