Vrou ketting pa in agtertuin vas
2011-08-03 20:25
Moskou – ‘n Vrou en haar man is in hegtenis geneem ná hulle die vrou se bejaarde pa vir vier dae in hul agtertuin vasgeketting het.
Die paartjie het die 70-jarige man aan ‘n boom vasgeketting en hom vir vier dae daar gelos, het die ondersoekkomitee in ‘n verklaring gesê.
Hulle het ook foto’s van die grysaard wat met ‘n ketting om sy enkel op ‘n matras in die rommel-bestrooide agtertuin sit, gepubliseer.
Die paartjie bly in die suidelike Rostov-gebied van Rusland.
“Bure het die man se krete om hulp gehoor en die polisie gebel,” het die ondersoekbeamptes gesê.
Die man se dogter (41) het blykbaar moeg geraak om na haar pa, wat doof en blind is, om te sien.
Die paartjie se kinders was getuies in die voorval.
Volg Nuus24 op Twitter.