Vrou skenk geboorte aan vyfling
2011-03-18 23:00
Wenen – ‘n Jong Oostenrykse vrou het geboorte geskenk
aan ‘n vyfling in ‘n hospitaal in Wenen, het dokters gesê.
“Die vyf babatjies, almal meisies, sowel as
die ma is blakend gesond,” het Peter Husslein, die hospitaal se hoof-ginekoloog,
gesê.
Dokters het ‘n keisersnee gedoen om die vyf
babas die wêreld in te bring.
Hulle is effens vroeg gebore in die 29ste
week van die 26-jarige vrou se swangerskap.
Elkeen weeg sowat 1 kg.
Die paartjie het blykbaar gesukkel om swanger
te word ná hul eersteling en het hormoonbehandeling ontvang vir die vrou se
tweede swangerskap.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA