Vrou gaan op skiettog in hospitaal
2010-09-19 20:15
Loerrach, Duitsland – ‘n Onbekende aantal mense is Sondag deur ‘n vrou wat op ‘n skiettog in ‘n hospitaal in Duitsland gegaan het, vermoor, sê polisie.
Die voorval het by die Elisabeth-hospitaal in die dorp Loerrach in die suidweste van Duitsland plaasgevind.
“Daar is nog geen bevestiging van hoeveel mense tydens die aanval dood of beseer is nie,” het polisie gesê.
Die identiteit van die vrou is ook nog nie bekend nie en polisie probeer vasstel of sy ‘n pasiënt by die hospitaal was.
- SAPA