Vrou brand penis om man te 'reinig'
2010-10-07 12:26
Sydney – ‘n Australiese vrou het haar man se geslagsdele aan die brand gesteek “om sy penis te reinig” nadat sy vermoed het dat hy ‘n buite-egtelike verhouding het, is daar Donderdag in ‘n hof in Adelaide gehoor.
Rajini Narayan, 46, het onskuldig gepleit op die moord van haar man en dat sy die brand begin het waarin haar huis ter waarde van Aus$1 miljoen (R6,7 miljoen) afgebrand het.
Satish Narayan het in 2008 in die hospitaal aan brandwonde beswyk, etlike weke nadat daar glo brandspiritus oor hom uitgegooi is en hy aan die brand gesteek is.
“Hy was my held, die man van my lewe, die liefde van my lewe,” het die ma van drie aan die hof gesê.
“Ek wou sy penis reinig, ‘n merk daar los, sodat hy by my sal bly. Hy sou dan myne wees.”
“Narayan is in ‘n vorige hofverskyning aangehaal waar sy vir haar bure gesê het: “Ek is ‘n jaloerse vrou, sy penis moet aan my behoort. Ek wou net sy penis brand sodat dit aan my behoort, aan niemand anders nie.”
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA