Vrou agter tralies ná seks met eie seun
2010-07-13 11:08
Pontiac, Michigan - 'n Vrou van Detroit is tot tronkstraf gevonnis nadat sy seks met haar biologiese seun gehad het.
Aimee L Sword het glo haar seun laat aanneem en toe later weer op die internet opgespoor.
Sy sal nege tot 30 jaar in die tronk moet uitdien.
Sword, wat skuld erken het, het Maandag by haar vonnisoplegging in die hof om verskoning gevra.
Volgens die polisie het Sword die sosiale netwerk Facebook in 2008 gebruik om haar seun op te spoor.
Sy het die seun, wat nou 16 jaar oud is, laat aanneem toe hy nog 'n baba was.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP