Vrou agter tralies ná driejarige sterf
2010-02-16 19:09
Kaapstad – ‘n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo ‘n driejarige meisie by haar huis vermoor het, het die polisie gesê.
Die polisie het Saterdag omstreeks 05:30 die lyk by ‘n eiendom in die Erdington-omgewing van Birmingham ontdek.
Die verdagte, wat in haar twintigs is, is dieselfde dag nog in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding. Volgens ‘n woordvoerder is ‘n gevaarlike stof in die verdagte se huis gevind.
Vir die volledige storie, besoek sky.com