Vrou (21) sit lewenslank ná sy politikus in maag steek
2010-11-03 23:00
Londen – ‘n Britse Moslem-vrou is Woensdag hier tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy ‘n voormalige regeringsminister van die Arbeidersparty met ‘n mes gesteek het.
Roshonara Choudhry (21) het beweer dat haar aanval op Stephen Timms ‘n betoging teen die oorlog in Irak was.
Choudhry, ‘n voormalige student aan Londen se King's College, moet minstens vyftien jaar in die tronk deurbring.
Timms (55) is op 14 Mei gedurende sy konsultasie-ure in die ooste van Londen aangeval.
Hy is twee keer in sy maag gesteek, maar het heeltemal herstel.
Die hof het gehoor dat Choudry, wat nie die verhoor bygewoon het nie, tydens die voorval twee messe by haar gehad het.
Haar bedoeling was om die politikus dood te maak om wraak te neem namens die mense van Irak.
Sy is toe deur ‘n sekuriteitswag en Timms se assistent oorval.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA