Vrese van aanval op NY 'geloofwaardig'
2011-09-09 10:09
New York – Michael Bloomberg, burgemeester van New York, sê vrese van ‘n terreuraanval op die stad is geloofwaardig, maar geen berigte van moontlike aanvalle is bevestig nie.
‘n Amerikaanse beampte sê hulle ondersoek ‘n gedetailleerde Al-Kaïda-sameswering van ‘n motorbom wat brûe of tonnels in New York of Washington wou teiken.
Bloomberg sê die New Yorkse polisiedepartement ontplooi meer hulpbronne om die stad se inwoners veilig te hou.
Volgens Raymond Kelly, polisiekommissaris, sal die polisie meer fokus op brûe, tonnels en ander infrastruktuur plaas. Hy het bygevoeg dat motors wat onwettiglik geparkeer is, verwyder sal word.
Inligting wat Amerikaanse soldate in Mei in Osama bin Laden, vermoorde leier van Al-Kaïda, se skuilplek in Pakistan gevind het, het aangedui dat die terreurgroep aanvalle op die tiende herdenking van die 9/11-aanvalle beplan het.
Die stad se veiligheid is opgeskerp voor die herdenking wat Sondag plaasvind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP