Voortvlugtige vasgetrek ná Facebook-blaps
2010-11-05 14:57
Toronto – 'n Man wat meer as 12 jaar voortvlugtig was, is in hegtenis geneem nadat hy sy woonplek op Facebook bekend gemaak het.
Robert Lewis Crose werk al 'n geruime tyd in Montana en het sy Facebook-blad gebruik om oor die koue weer te kla.
Toe iemand vra waar hy is, het hy gesê hy is in Cut Bank, 'n klein dorpie naby die Kanadese grenspos.
Foto's van hom is in die gebied versprei, waarna iemand hom by 'n plaaslike casino gesien en die polisie ontbied het.
Crose is veroordeel nadat hy gedreig het om 'n terroriste-aanval uit te voer en dat hy in 1996 'n afgesaagde geweer gebruik het om 'n betreder in sy winkel te verjaag.
Hy het minder as 'n jaar tronkstraf uitgedien voor hy op parool vrygelaat is, maar is weer tronk toe gestuur omdat hy sy paroolvoorwaardes in 1998 verontagsaam het.
Crose is toe weer op parool vrygelaat, maar hy het daarna gevlug.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter