Voortvlugtige ná twee dekades gevang
2011-06-29 20:59
Hartford, Conneticut – ‘n Veroordeelde moordenaar wat op die vlug
geslaan en ‘n nuwe lewe vir homself in Mexiko gebou het, word ná twee
dekades na Amerika teruggebring om sy tronkstraf uit te dien.
Volgens die polisiehoof van West Harford,
James Strillacci, word Adam Zachs deur polisiebeamptes na Amerika teruggebring.
Zachs sal na verwagting in die Hooggeregshof in Hartfordverskyn.
Hy is 1987 skuldig bevind van die moord op
Peter Carone.
Zachs en Carone het blykbaar by die kroeg
gestaan en grappe maak en het later buite die restaurant aan die baklei geraak.
Hy is tronkstraf van 60 jaar opgelê, maar
het teen die saak geappelleer en is op borgtog
van R1.7 miljoen vrygelaat, waarna hy spoorloos verdwyn het.
Zachs is in Leon Guanajuato, Mexiko, opgespoor
ná die owerhede ‘n wenk ontvang het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP