Voormalige rugbyspeler ry oor sy kind
2010-07-04 04:19
Brisbane – Die 15-maand oue seun van die voormalige Wallabies-haker, Brendan Cannon, was Sondag aan n asemhalingsapparaat gekoppel nadat Cannon hom per ongeluk in die oprit van hul huis in Brisbane raakgery het, het die Australiese media berig.
Volgens die Sunday Telegraph het Cannon oor sy seun Sameul gery toe hy hul 4x4 by die oprit uitgery het.
Die kind het beide bene gebreek en interne beserings opgedoen en was in n kritieke toestand in die hospitaal, het die koerant berig.
n Ander voormalige haker vir die Wallabies, Phil Kearns, was vyf jaar gelede in n soortgelyke voorval betrokke toe hy per ongeluk oor sy jong seun gery het.
Cannon, 37, het 42 toetse vir Australië gespeel tussen 2001-2006.
Olg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP