Voormalige Neo Nazi is spyt
2009-09-07 04:20
Los Angeles - ‘n Wit heerssugtige wat skuldig bevind is van rasse moord, het van sy rassistiese uitkyk bekeer.
Die voorval het in 1999 plaasgevind toe hy begin skiet het op mense by ‘n Joodse gemeenskapsentrum.
Een man, ‘n posman, is tydens die voorval oorlede en vyf ander is beseer.
Buford O.Furrow Jr. het in tussen ‘n brief aan die Los Angeles Daily News geskryf waarin hy sê dat hy spyt is oor die pyn wat hy veroorsaak het.
Furrow is tans besig om ‘n lewenslange vonnis sonder parool uit te dien.
Hy sê hy is ‘n “voorstaande gevangene wat nie deelneem aan kriminele aktiwiteite nie.”
Volgens Furrow het hy ook al sy Neo Nazi literatuur weggegooi en glo nou dat “’n lewe gebaseer op haat, is nie die moeite werd nie.”
Tien jaar gelede het hy drie kinders, ‘n tiener en ‘n volwassene by ‘n Granada Hills gemeenskapsentrum gewond en ‘n posman, Joseph S.
Ileto, doodgeskiet.
- Sapa