Voëls in dieretuin se koppe afgeskeur
2012-08-04 09:13
Sydney – Nege voëls, insluitende 'n bedreigde papegaai, se koppe is afgeskeur en meer as 60 diere word vermis nadat vandale amok gemaak het by 'n dieretuin in Australië.
Die eienaar van die dieretuin in Tasmanië, Dick Warren, het gesê hy het die verminkte voëls gevind toe hy Vrydagoggend opgedaag het om die dieretuin oop te maak.
"Dit is hartverskeurend om so iets te sien. Hoe kan mense so iets doen? Dit tref jou hard," het Warren gesê.
Die polisie het gesê 'n "aantal diere het ook uit hul kampe ontsnap, maar die meeste is weer gevang".
Twee papegaaie en 'n wilde kat is onder die diere wat steeds vermis is.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- AFP