Voëlgriep eis vierjarige in Indonesië
2012-12-18 09:55
Jakarta – Die dood van 'n vierjarige seuntjie het die getal mense wat in dié land aan voëlgriep gesterf het, op 160 te staan gebring, het gesondheidsamptenare Dinsdag gesê.
Die kind is op 6 Desember in Tangerang, wes van die hoofstad Jakarta, dood," het 'n woordvoerder vir die gesondheidsministerie, Rita Kusriastuti, gesê.
Hy het griepsimptome gehad en is op dieselfde dag wat hy geshospitaliseer is dood.
Kusriastuti het gesê die kind is met die H5N1-virus besmet nadat hy vermoedelik direkte kontak met dooie pluimvee rondom sy huis gehad het.
Minstens 360 mense is wêreldwyd sedert 2003 aan voëlgriep dood.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP