Vlugte by Port-Au-Prince begin Vrydag
2010-02-16 03:26
Port-Au-Prince - Kommersiële vlugte by die Port-Au-Prince-lughawe, wat sedert 12 Januarie die middelpunt van 'n internasionale noodlenigingsoperasie is, sal Vrydag weer begin.
'n Beampte by die lughawe wat anoniem wou bly, het gesê die terminaal by die lughawe is erg beskadig.
"Ons is besig om dit reg te maak en deel daarvan is dat vlugte weer Vrydag begin."
Die inligting kon egter nie onmiddelik bevestig word nie.
– Sapa-AFP