Vloedwater sny talle in Australië af
2011-11-26 09:26
Sydney – Vloede in die ooste van Australië het honderde mense in hulle huise op die platteland vasgekeer, terwyl minstens 10 mense uit hul voertuie gered is.
Swaar reën het vloede in verskeie dorpe in die noorde van die Nieu-Suid-Wallis-staat veroorsaak en motoriste in hule motors vasgekeer. Ook eiendom is deur die vloedwater beskadig.
Volgens die land se nooddienste is minstens 400 mense op eiendom suid-wes van Coffs Harbour en 50 ander naby die Moree-dorp deur die vloedwater afgesny. 'n Paar mense is uit hul motors getrek, terwyl 'n helikopter gebruik is om twee mense te red wat vasgekeer was op 'n trekker.
Owerhede het weer gewaarsku oor die moontlikheid van meer swaar reën in die staat se noordelike dele. Owerhede het ook gewaarsku dat plaaslike riviere hulle walle kan oorstroom.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP