Vloedwater saai verwoesting in Australië

2010-12-29 11:46
Tweets Share Share line Print

Sydney - Australië se premier, Julia Gillard, het Woensdag gewaarsku dat "ongeëwenaarde" vloede selfs meer skade kon aanrig ná verskeie dorpe in die noorde van die land weens swaar reën van die buitewêreld afgesny is.

Honderde mense is deur soldate in helikopters van oorstroomde gebiede gered.

Gietende reën het groot dele van die staat Queensland onder water gelaat, met 1 000 ontruimingspogings en 38 streke wat tot rampgebiede verklaar is.

Gillard het 'n openbare oproep gedoen om bydraes vir noodlenigingsfondse, en het $1 miljoen (Amerikaanse dollar; sowat R6.6 miljoen) se regeringsfondse opsygesit om diegene wat die ergste onder vloede deurgeloop het, te help.

"Sommige gemeenskappe sien hoër vloedwaters as wat hulle in dekades gesien het, en in party gemeenskappe het vloedwaters nog nooit sulke vlakke bereik vir so lank as wat ons rekord hou van vloede nie," het Gillard aan verslaggewers gesê.

"Baie gemeenskappe het nog nie eens die hoogtepunt van die vloedwater gesien nie; dis nog 'n paar dae weg."

Honderde mense het uit hul huise gevlug in die kusstad Bundaberg, noord van Brisbane, en in die nabygeleë Emerald. Die dorp Theodore, geleë in Queensland, is heeltemal ontruim met die hulp van soldate in Black Hawk-helikopters.

Talle mense is dakloos gelaat en het oornag in noodsentrums, terwyl ander in mynkampe of by familie en vriende skuiling gesoek het.

Gillard sal in die volgende paar dae na gebiede reis wat deur die vloede geraak is.

- Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AFP

Lees meer oor: julia gillard  |  vloede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.