Vloedmoeë Pakistan draai al meer teen president

2010-08-07 09:49
Tweets Share Share line Print

Sukkur – Gebiede wat reeds swaar getref is deur die ergste vloede in dekades kan nóg swaar reën verwag en die ramp vererger. Die gebeure werp ook twyfel oor die leierskap van pres. Asif Ali Zardari.

Minstens 1 600 mense is al dood in die vloede. Die nasionale rampbestuur-owerheid het gesê 12 miljoen mense in twee provinsies is geraak deur die vloede en syfers vir die suidelike provinsie Sindh is nog nie beskikbaar nie.

Die vloede het die publiek se woede teenoor ’n afwesige Zardari laat opvlam, wat ten spyte van die erns van die ramp voortgegaan het met staatsbesoeke aan Europa.

“Hierdie besoek is die lakmoestoets, en enige voordeel van die twyfel oor die president se ­leierskap het nou heeltemal verdwyn in die oë van die publiek,” het ’n radio-omroeper en rubriekskrywer, Fasi Zaka, gesê.

Die vloede het landboustreke oorstroom en die landbou-gebaseerde ekonomie ’n vernietigende knou toegedien.

Amerikaanse beamptes, bewus van die impak wat orkaan Katrina op oudpres. George W. Bush se gewildheid gehad het, het in privaatheid hul frustrasie uitgespreek met Zardari se weiering om terug te keer na Pakistan om die krisis die hoof te bied.

Zardari voer tans gesprekke met die Britse premier, mnr. David Cameron. Pakistani’s is egter nie beïndruk hiermee nie.

- Reuters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.