Vloede veroorsaak chaos in Griekeland
2010-10-20 16:21
Athene - Owerhede in Griekeland het 'n noodtoestand op die eilande van Ikarië en Chios in die oostelike Egeïese See waar kitsvloed chaos veroorsaak het.
Twee mense is dood, terwyl huise en paaie in die onvoorspelde nat weer wat die land oor die afgelope paar dae teister.
'n 34-jarige man is op Ikarië in die puin van sy afgeleë huis gevind en 'n bejaarde man het verdrink toe sy motor deur die vloedwater meegesleur is.
Nog tien mense is in hul motors vasgekeer en moet gered word, maar reddingswerkers sukkel om deur te kom.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter