Vloede ontwortel meer as 2 miljoen in China
2011-06-19 12:31
Beijing – Chinese owerhede sê meer as twee miljoen mense is ontwortel weens die vloede in die oostelike provinsie, Zhejiang.
Volgens berigte het swaar reën oorstromings veroorsaak in groot dele van die provinsie waar mense 'n redelike goeie bestaan voer.
Minstens 171 mense is die afgelope maand dood of word vermis in die vloede in die ooste en suide van die land. Sowat 1 000 besighede het hulle deure sluit en miljoene mense se daaglikse bestaan is ontwrig.
Die vloedskade word op sowat VSA$772 miljoen beraam.
Die grootste rivier in die kusprovinsie, Zhejiang, is intussen op sy hoogste vlak sedert 1955. Die Qiantang-rivier is 2,4 m bó die veilige vlak. Vroeër die week is 18 dorpies oorstroom toe 'n keerwal meegegee het.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter