Vloede 'erger as siklone, brande'
2011-01-25 07:48
Sydney – Die oorstromings in Australië is van die duurste natuurrampe in dié land se geskiedenis.
Wayne Swan, minister van finansies, het die naweek gesê meer mense, huise en ondernemings is deur dié oorstromings geraak as toe siklone in die 1970’s en wegholbrande in 2009 die land getref het.
Die presiese impak van die grootskaalse ramp op die land se geldsake kan volgens hom nog nie bereken word nie, maar dit sal “beslis gewigtig” wees.
Die watermassa het ’n moeras in die staat Queensland geskep wat nou ’n oppervlak beslaan wat groter as Frankryk en Duitsland saam is.
Minstens 20 mense is reeds in die oorstroming van die Lockyer-vallei dood.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP