Vliegtuig van 1911 in ys gevind

2010-01-04 09:01
Tweets Share Share line Print

Sydney - Australiese ontdekkers het Sondag die bloumaan en ’n rekordlae gety krediet gegee vir die “naald-in-’n-hooimied”-ontdekking van een van die eerste vliegtuie wat in die Antarktiese ys begrawe is.

Dié eendekker was die eerste in die Vickers-produksielyn, skaars agt jaar ná die Wright-broers se geskiedkundige eerste vlug.

Die Vickers is in 1911 deur die Australiese ontdekker Douglas Mawson na Antarktika geneem.

Dit het in ’n oefenvlug in Australië neergestort, maar Mawson het die romp en die enjin met hom saamgeneem.

Hy het dit met spesiale ski’s en ’n roer op die stert toegerus en dit as ’n “lugtrekker” gebruik om sy sleë te trek.

Mawson het die vliegtuig in 1931 in Antarktika agtergelaat.

Drie agtereenvolgende bewaringspanne van die Mawson’s Hut Foundation het met magnetiese en ander toerusting probeer om die romp te vind wat laas in 1975 gesien is. Dit was toe byna heeltemal met ys bedek.

Die ongeëwenaarde kombinasie van historiese lae getye wat deur ’n bloumaan veroorsaak is, en die ongeëwenaarde smelting van ys het meegehelp tot die ontdekking op Nuwejaarsdag, het die Australiese omgewingsbewaarder David Jensen gesê.

“Dit was waarskynlik een kans uit ’n miljoen dat hierdie omstandighede saamgespeel en ons in staat gestel het om die ontdekking te maak.

“Een van ons bewaringstimmermanne het langs die kant van die hawe geloop en die stukkie metaal tussen die rotse sien uitsteek.”

Jensen het gesê die “ekstatiese” span het die fragmente van die romp versamel en sal dit waarskynlik einde vandeesmaand na Australië bring, waar dit die nodige aandag sal kry.

- Sapa-AFP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: vliegtuie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.