Vliegtuig stort neer in Arizona, kind se lyk gevind
2011-11-24 12:11
Phoenix – ‘n Vliegtuig met ses mense aan boord het Woensdagaand teen ‘n berg in die ooste van Phoenix, Arizona, vasgevlieg.
Volgens die owerhede was ses mense, waaronder drie kinders, aan boord die vliegtuig.
CNN berig die passasiers was besig om die Amerikaanse tradisie van danksegging te vier.
Die Rockwell AC 69 het omstreeks 18:30 in die berge naby die stad Apache Junction in die Amerikaanse deelstaat Arizona neergestort, het Elias Johnson, ‘n polisiewoordvoerder, bevestig.
Daar word berig dat reddingswerkers ‘n kind se lyk gevind het.
“Ons hoop daar is oorlewendes, maar dit lyk nie belowend nie,” het Sheriff Paul Babeu gesê.
Volgens die owerhede is die kinders tussen die ouderdomme van vyf en nege.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter