Vliegtuig met 152 aan boord val
2010-07-28 10:01
Islamabad - 'n Vliegtuig met 152 passasiers aan boord, het Woensdag in die heuwels agter Islamabad neergestort, het 'n woordvoerder gesê.
25 lyke is reeds uit die wrak verwyder, maar owerhede vrees dat meer sterftes aangemeld kan word.
Die vliegtuig het omstreeks 02:45 in Karachi opgestyg en het gereed gemaak om te land toe dit neerstort, het Perez George gesê.
"Daar was 146 passasiers en ses bemanningslede aan boord," het hy gesê.
"Die vlieënier het gereed gemaak om te land toe die vliegtuig in die Magalla-heuwels val."
Volg Nuus24 op Twitter
- AP