Vliegtuig met 15 aan boord val in Nepal
2010-08-24 05:54
Katmandoe - 'n Nepalese vliegtuig met 15 mense aan boord het kort ná dit vroeg Dinsdagoggend in Katmandoe opgestyg het, neergestort, het 'n woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake gesê.
"Die Agni Air-vliegtuig het onderweg na Lukla neergestort," het Jayamukunda Khanal gesê.
Die gebied se polisiehoof, Bahadur Shrestha, het gesê die vliegtuig het in swaar reën naby die dorp Shikharpur neergestort.
Dié dorp is sowat 80 km suid van Katmandoe.
Shrestha het gesê reddingswerjers kon nog nie die ongelukstoneel bereik nie.
- AFP