Vliegtuig met 140 aan boord stort neer in Suid-Amerika
2011-07-30 16:00
Georgetown – 'n Passassiersvliegtuig van Caribbean Airlines met 140 passassiers aan boord het neergestort en in twee gebreek terwyl dit in Guyana, aan die noordelike punt van Suid-Amerika, geland het.
Verskeie mense is in die ongeluk beseer, maar niemand is dood nie.
Pres. Bharrat Jadgdeo sê die vliegtuig het die aanloopbaan van 123 m by die Cheddi Jagan Internasionale Lughawe vroeg Saterdag in reënweer verlaat.
Owerhede spook om passassiers uit die vliegtuig te verwyder sonder die nodige ligte en ander noodtoerusting.
Die lughawe is gesluit, en honderde passassiers is gestrand gelaat.
Dié ongeluk is die ergste in Guyana in die afgelope paar jaar. Dit is een van 'n klein aantal ernstige voorvalle waarby dié lugredery, wat in Trinidad gesetel is, al betrokke was.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP