Vliegtuig draai om ná bomdreigement
2010-03-17 10:36
Boekarest – ‘n Wizzair-vlug na Londen vanaf Timisoara in Roemenië moes terugkeer na die lughawe waar dit vandaan gekom het ná ‘n bomdreigement.
Die sowat 165 passasiers aan boord die vlug is dadelik , het amptenare van die lughawe Woensdag gesê.
“Die 165 passasiers is ontruim en hulle is veilig. Die sekuriteitsmagte is tans besig om die vliegtuig te deursoek,” het Corina Lupulescu, woordvoerder vir die Timisoara lughawe, aan AFP gesê.
Die lughawe het glo sowat 15 minute nadat die vlug vertrek het ‘n anonieme oproep ontvang dat daar ‘n bom aan boord is.
Die res van die vlugte is nog op skedule by die lughawe, het Lupulescu bygevoeg.
- Sapa-AFP