Vliegtuie bots, een stort neer
2011-09-03 08:18
Anchorage – Twee enkelenjinvliegtuie het in die lugruim oor die weste van Alaska teen mekaar gebots en een van die vlieëniers is vermoedelik in die ongeluk dood.
Megan Peters, 'n woordvoerder vir die polisie in Alaska, het gesê die vlienëniers was die enigste mense aan boord die vliegtuie toe dit Vrydag naby die dorp Nightmute teen mekaar gebots het.
Een van die vliegtuie kon land, maar die ander het neergestort en gebrand.
Die vlieënier van die Ryan Air Cessna 207 wat veilig geland het is geïdentifiseer as die 26-jarige Kirsten Sprague. Sy sê Sprague kon uit die vliegtuig klim, maar is na Bethel, ongeveer 160 km van Nightmute, geneem vir 'n mediese ondersoek.
Peters sê die Cessna 208 Caravan het neergestort en dadelik aan die brand geslaan. Die vlieënier, die 24-jarige Scott Veal van Kenai, Alaska, is vermoedelik dood, maar sy lyk is nog nie gevind nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP