Vliegramp: Slegs DNS kan lyke identifiseer
2010-07-28 17:47
Islamabad - Gesondheidsowerhede in Pakistan het Woensdag gesê hulle sal DNS-toetse moet gebruik om die 152 verkoolde lyke van die vliegramp-slagoffers te identifiseer.
Die vliegtuig het Woensdag buite Islamabad neergestort.
"Meeste van die lyke is in stukke, slegs liggaamsdele, sommige van hulle erg verbrand... dit kan slegs deur DNS identifiseer word," het Mahmood Jamal, hoof van die instituut vir mediese wetenskappe in Pakistan, gesê.
Owerhede het gesê reddingswerkers het liggaamsdele en stukke verbrande vlees in sakke gesit.
"Sowat 300 sakke, 40 komberse en 10 bondels tou is na die toneel van die vliegramp gebring," het rampbestuur gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA