Vlieënier na botsing gevind
2009-10-02 03:47
Parys - Franse owerhede het die vermiste liggaam van ‘n vlieënier gevind nadat sy vegvliegtuig verlede week in die Meditereense see gebots het.
Die Franse vloot het gesê die straler en die liggaam van die toetsvlieënier, Francois Duflot het sowat 35 km weg van die kus en ongeveer 700m onder water op die seebodem tor stilstand gekom.
Amptenare poog om die vliegtuig en die vlieënier uit die water te kry.
Twee Franse vegvlietuie het op 24 September tydens ‘n opleidingskursus in die Meditireense see geval.
‘n Ondersoek beweer die twee vliegtuie het teen mekaar gebots, maar die bewerings kan nog nie bevestig word nie.
Die ander vlieënier het daarin geslaag om betyds uit sy vliegtuig te skiet en na veiligheid te land.
Rafale stralers wat deur Frankryk se Dassault Aviation gemaak word het nog nie van te vore ‘n koper in die buiteland gehad nie, maar Brasilië bedink egter ‘n transaksie.
-Sapa-AP