Vlamme dreig in Kalifornië
2009-10-05 04:45
Los Angeles – Sowat 4500 inwoners van Wrightwood in die suide van Kalifornië is Sondag gedwing om te ontruim weens verwoestende brande.
Die brand het Saterdag naby die San Bernardino Nasionale woud begin woed.
Sowat 2000 huise is in gevaar.
Inwoners is Sondagoggend aangeraai om te ontruim, het owerhede gesê.
Duisende brandbestryders van San Diego en Los Angeles is op pad na die toneel om die brand in bedwang te bring.
Arnold Schwarzenegger, die goeweneur van Kalifonië het die omgewing van San Bernardino tot ‘n noodgebied verklaar weens die brande.
Sapa-AFP