Vigsdag-troue gestop

2009-12-01 11:02
Tweets Share Share line Print

Buenos Aires -  Hulle het ‘n troudag beplan soos Argentinië nog nooit gesien het nie.

Maar terwyl Jose Maria Di Bello en Alex Freyre nog hulle troupakke aangepas het, het ‘n regter besluit om Argentinië se eerste gay troue Dinsdag in die wiele te ry.

Di Bello en Freyre het besluit om in elke geval by die registrasiekantoor op te daag vir die troue nadat ‘n ander hof hulle aansoek glo vroeër goedgekeur het.

Sou dié twee verhoed word om te trou sal hulle ‘n reuse-optog in die straat hou wat spesiaal afgekamp is deur owerhede ter voorbereiding vir die media-spektakel wat na verwagting rondom hulle troue sal losbars.

“Hulle is geskok en hartseer oor die nuus, maar hoop steeds dat hulle troue sal kan voortgaan,” het Maria Rachid, president van Argentinië se federasie vir gays en lesbiërs, gesê.

Regter Marta Gomez Alsina het beveel dat die troue stopgesit word totdat die hooggeregshof ‘n uitspraak rakende die kwessie gemaak het.

Di Bello en Freyre is albei MIV-positief en het juis daarom besluit om te trou op Wêreldvigsdag.

“Ons is verlief en opgewonde om te trou maar ons kan nie nou dink oor die partytjie of die wittebrood nie. Ons is aktiviste en ons kan nie vergeet van dit wat ons teenwoordig nie.”

Die paartjie het besluit om regshulp in te win nadat hulle in April vanjaar verhoed is om met mekaar te trou.

– Sapa, AP 
 

Lees meer oor: argentinië  |  gay  |  vigs  |  troues

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.